|
Die Rykdom van God
Woorde soos skatte en rykdom word baie maklik gevind in energieke gesprekke waar ons beweeg. Mag die Waarheid oor rykdom jou tref
vandag!
Eph 3:8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is
hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
Col 2:2 …dat hulle harte vertroos mag word, deurdat
hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,
Col 2:3 in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.
Hag 2:8 Aan
My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare.
Pro 10:22 Die
seën van die HERE—dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
Deu 8:18 Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om
rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan
bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.
2Co 6:2 Want
Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
Paulus se hy het die genade ontvang om die onnaspeurlike rykdom van Christus aan die heidene te
verkondig. Dit beteken dat ek en jy toegelaat word om te verstaan wat die eindelose rykheid en voluit is wat daar in Christus is. Die rykdom in Hom beteken volheid, oorwinning en heerskappy, Sy genade en ‘n erfenis/ ‘n erfporsie vir die
wat Syne is! Efesiers 1:18 se dat Paulus bid vir geopende oe van ons verstand om die rykdom van Sy heerlikheid as ‘n erfdeel vir ons te verkry. Efesiers 3:16 lei dat ons gevul word met krag ooreenkomstig die rykdom van Sy heerlikheid. In 2 Kor 3:18 verwys Paulus na ons wat met onbedekte
gesig kyk na die Heerlikheid van die Here, en as gevolg daarvan verander na Sy beeld. Prys Jesus, ons kan verander/ transformeer en nie net Sy rykdom aanskou nie, maar dit verkry! Terwyl Ware Rykdom slegs in Christus is en ek rykdom verkry wanneer Hy,
Jesus, alles in my in besit neem- ek bedoel my hele wese- mag ons ook weet dat alles op hierdie aarde en die inhoud daarvan ook aan Hom behoort en dat Hy dit aan ons WIL gee!
In ’n tyd waar elkeen van ons daagliks moet besluit aan watter van ons baie prioriteite tyd geallokeer moet word ter verwerwing
van rykdom, wil ek U graag bemoedig met God se Woord wat hierdie dilemma vir ons baie makliker maak.
Bless You!
Christo Botha
|